X

Hiér wil kopers plaaseiendom hê

Ondanks die heersende onsekerheid rondom grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika, stel kopers steeds daarin belang om landbougrond in die Kaapse Wynland te bekom – spesifiek kleinhoewes en gasteplase, meen eiendomskenners. Grondhervorming, en spesifiek die kwessie rondom grondonteiening sonder vergoeding, het landbougrond onlangs weer opnuut onder die vergrootglas geplaas en plase in sommige gebiede oor die land heen ’n minder aantreklike belegging vir kopers gemaak. Wat van jou eie Toskaanse villa op ’n plaas? ’n Wyn-en-olyfplaas van 4,1 ha buite Stellenbosch is vir R30 miljoen in die mark. Die eiendom is in die Devonvallei geleë en die hoofhuis op die plaas is in ’n klein gastehuis met onder meer vier slaapkamers, ’n wynproekamer, ’n stoep en ’n eetkamer omskep. Ontbyt word in die sjefkombuis by die swembad bedien. 


17 Oct 2018
Author Lew Geffen Sotheby's International Realty
374 of 680