Ondanks moeiliker ekonomiese omstandighede is daar steeds 'n groot vraag na landgoedere in die Kaapse Wynlande. Volgens die eiendomsagentskap Lew Geffen Sotheby's International Realty is verskeie groot kommersiele plase verlede jaar vir tussen R58 milben en R69 miljoen in die gebied verkoop. Nou is die wynlandgoed Kanu vir R62 miljoen in die mark. Die plaas, langs die R304-pad buite Stellenbosch, het 'n 300 ton-kapasiteit per jaar en 'n uitstekende infrastruktuur.